Oud-Turkse skrif | ||||
Soort skryfstelsel | Alfabet | |||
Tyd gebruik | 8ste - 10de eeu | |||
Rigting | Regs na links | |||
Tale | Oud-Turks | |||
Stelsels | ||||
Moederstelsels | ||||
ISO 15924 | Orkh, 175 | |||
Unicode | Old Turkic, U+10C00–U+10C4F | |||
Nota | ||||
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat | ||||
|
Die Oud-Turkse skrif (ook bekend as die Göktürk-skrif of Orchon-skrif) is die alfabet wat die Göktürke en ander vroeë Turkse khanate in die 8ste tot 10de eeu gebruik het vir Oud-Turks.[1] Dit is hoofsaaklik deur die Arabiese skrif vervang ná die aanvaarding van Islam in Sentraal-Asië.
Die naam "Orchon" kom van die Orchon-vallei in Mongolië, waar vroeë 8ste-eeuse inskripsies in 1889 ontdek is.[2] Dié inskripsies is in 1893 deur die Deense filoloog Vilhelm Thomsen ontsyfer.
Die skrif is later deur die Oeigoerse Ryk gebruik. ’n Yenisei-variant is bekend uit 9de-eeuse Kirgisiese inskripsies.
Nog Turkse Nestoriaanse manuskripte wat dieselfde rune-agtige voorkoms[3] as die Oud-Turkse skrif het, is gevind veral in Turpan en Miran in China.[4][5][6]
Thomsen het die skrif as "Tukse runes" beskryf en dit word steeds soms runes genoem na aanleiding van die Germaanse runes, wat omstreeks dieselfde tyd gebruik is.